Lejit Lekker - Bloemfontein
Lejit Lekker
Beschrijving
Afbeeldingen
Feedback
Awesomeness kwadraad. Ek reis baie rond en meesal kan restuarante nie ń steak regkry nie. Het vandag daar gaan eet oppad terug van Cameroon af en die kos was werklik uit die boonste rakke. Die pryse is ook baie billik. En daai weird sappe is to die for. Kan nie wag om weer daar ń draai te maak nie.
Wat n aangename verrassing! Vir die 3 dae wat ek in Bloem. vir n kursus was. Julle was my stop vir aandete. Die kos is geurig en smaaklik, die prys is BAIE billik. Waar in jou lewe het jy al gesien dat omdat Amanda gister gehoor het ek hou nie van blaarslaai nie, vervang sy die 'side salad ' spesiaal met rocket. Ek is super beindruk. Mense wat my ken sal weet dat dit baie moelik is om my te beindruk met kos. Welgedaan met uitstekende diens en voortreflike kos. Mag jy en jou vriendelike personeel nog groter hoogtes bereik.
Ek geniet elke ete by LeJit. Van Vrydagaand saam met my kleinseun, Sondagetes asook afsluiting van omgeegroep. Die kos is altyd van die hoogste gehalte en die diens puik.
Uitstaande diens. Vriendelike ontvangs, uitstekend by die tafel en kos uit die boeke. Beslis waarde vir geld. Doe so voort!
Menu PDF
Meer informatie
QR-Code naar het menu

